Raadslid Hamersma se voorvinger wys wes

  1. home
  2. Books
  3. Raadslid Hamersma se voorvinger wys wes

Raadslid Hamersma se voorvinger wys wes

5.00 1 1
Share:

Die winde van politieke verandering waai oor Hamerplein – daar waar die forse beeld van Raadslid Hamersma nou al so lank die rigting aanwys. Dit...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

Die winde van politieke verandering waai oor Hamerplein – daar waar die forse beeld van Raadslid Hamersma nou al so lank die rigting aanwys. Dit dwarrel oor die rivier, oor die skeidslyne van die verlede; pluk aan al wat ’n hoë boom is en laat ewe veel stof opstyg uit prominente posisies en obskure hoekies: Die burgemeester. Marumo. Snor de Beer. Rian Roux. Kryg Roelofse. John Oudemann. Bos Fourie. Mal Mary. Maryville. Die Wishbone. Die kloktoring …
Tien jaar later moet die joernalis Wessel Wessels ’n storie aanmekaarsit uit die legkaartstukkies van dié revolusie in die kleine, en leer hy vinnig dat dit nie noodwendig demokrasie is wat die dorpsinwoners tot vrees of stilswye gedwing het nie; dis eerder die pad soontoe en terug wat die probleem is.

’n Slim, boeiende satire oor ’n land wat Suid-Afrika kon wees (maar nie noodwendig is nie) – en karakters wat jou bure kon wees (as hulle nie so pynlik op jouself getrek het nie).

  • Format:Paperback
  • Pages: pages
  • Publication:
  • Publisher:
  • Edition:
  • Language:afr
  • ISBN10:1869193202
  • ISBN13:9781869193201
  • kindle Asin:1869193202

About Author

Marius Ackermann

Marius Ackermann

4.80 5 2
View All Books