Skuldig

  1. home
  2. Books
  3. Skuldig

Skuldig

4.20 100 14
Share:

As die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

As die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig om te bely en vergifnis te vra nie?

’n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die “skoon” toneel en hy is oortuig dis ’n professionele moordenaar se werk.

Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so ’n dood te verdien?

Minder as ’n week later staan Menck weer voor ’n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog ’n ongelukkige vrou, ’n eks hierdie keer, hulle seuntjie ’n twispunt.

Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit ’n hoofstuk in sy lewe waarvan hy eerder wil vergeet.

Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf?

Martin Steyn het in misdaadfiksie gedebuteer met Donker spoor wat groot lof uitgelok het. En Steyn gaan verder, hy deursoek die bose sowel as die geregtigheid en die verminkte wêreld waarin al twee die botoon wil voer.

  • Format:Paperback
  • Pages:382 pages
  • Publication:2015
  • Publisher:LAPA Uitgewers
  • Edition:
  • Language:afr
  • ISBN10:0799373605
  • ISBN13:9780799373608
  • kindle Asin:0799373605

About Author

Martin Steyn

Martin Steyn

4.14 1313 232
View All Books